Home
Leeupoort ’n Natuurreservaat
Daar is tans ’n spesiale aksie vanaf die Nasionale Regering om ondersoek in te stel na alle geproklameerde natuurreservate n.a.v. die nuwe wetgewing,( National Environmental Management Areas act, 2003) om vas te stel watter reservate steeds kwalifiseer vir die status. Die mikpunt is om landwyd tien persent van alle grond as natuur-reservate te hê. In die vorige bedeling was die proklamasie van grond as natuur-reservate redelik eenvoudig en baie plase is sodoende geproklameer.
As in aanmerking geneem word dat Limpopo alleen oor drie honderd een en dertig sulke reservate beskik, is dit geen wonder dat die funksie van oudit na die provinsiale vlakke gedelegeer is nie. Gemelde getal verteenwoordig ongeveer ses persent van Limpopo. Die verwagting is dat na die afloop van die oudit, slegs sowat vier persent behoue sal bly as reservate in Limpopo – vêr onder die norm van tien persent.
Op 22 November 2011 het die Provinsiale Regering se afdeling Ekonomiese Ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake kontak gemaak met mnr. Johan Koekemoer en hom ingelig dat Leeupoort Vakansiedorp ’n natuurreservaat is. Proklamasie by wyse van Administrateurs ordinansie no. 225 van 1965 is in die Buitengewone Offisiële koerant van die Provinsie van Transvaal gedateer 28 Julie 1965, gepubliseer. Omdat twee aangrensende plase ook ingesluit is, het die eiendom bekend gestaan as Du Plessis no 1-Privaatnatuurreservaat, Thabazimbi.
Ons kan ure hieroor gesels, maar die Gemeenskapsforum het met Mnr. C. Visagie van bg. departement die week ’n gesprek gevoer wat bevestig het dat alles waar is en dat ons in ‘n reservaat woon.
Om die status van Natuurreservaat te behou, vereis die wet van 2003 o.m. die volgende:
1. Bestuursliggaam (Management Authority) moet geskep word, waarvan daar verskeie
modelle bestaan asook moontlike advieskomitees sowel as deurlopende deelname van
belange partye.
2. Begroting om reservaat te bedryf.( Finansies beskikbaar?)
3. Bestuursplanne vir die reservaat.
4. Goedkeuring van bg. deur die LUK. (MEC).
5. Gereelde oudits deur provinsiale outoriteite.
Hierdie vereistes plaas heelwat verantwoordelikhede op die Munisipaliteit as eienaar van die plaas, daarom moet die Munisipaliteit instem om die natuurreservaatstatus te behou, dieselfde geld ook vir alle erfeienaars in die reservaat. Die groot voordeel vir die Munisipaliteit is dat die belasting vir Leeupoort, wat die Munispaliteit periodiek aan die Sentrale regering oorbetaal, sal verval – ’n baie, baie groot voordeel. Daarom het die Munisipaliteit:
- reeds met Mnr. Visagie ’n gesprek gevoer.
- volgens alle aanduidings ,’n groot positiewe gesindheid vir die saak.
- 'n opvolggesprek met mnr. Visagie gereel.
- ons meegedeel dat Me. Mabitsela en die Burgemeester die gemeenskap mettertyd hieroor
sal inlig.
Ek glo daar is legio vrae in die verband sowel as uitdagings wat oorbrug sal moet word. Om eerlik te wees het ons nie al die antwoorde nie. Kom ons wys ons ywer om saam te werk in die verband, want daar is defnitiewe voordele vir ons as erfeienaars nl.:
- As u Titel Akte geëndoseer is dat u eiendom op ’n natuurreservaat geleë is, is die
waarde daarvan hoër.
- Allerhande gebeure soos bv. mynbou, span van draad op die plaas, ens. moet dan ook
deur bg. Bestuursliggaam en of LUR en of die Department goedgekeur word.
- Enige aksies nie vervat in die bestuursplan, is tabo. Die Bestuursliggaam, die LUR en
die Departement is die waghond d.m.v. voortdurende oudits.
- Deurlopende deelname van belange partye (eienaars).
Die uitdaging aan ons is dat elke eienaar, volgens wet, moet aansoek doen ingevolge seksie 23 (3) van Wet no. 57 van 2003 en skriftelik inwillig dat hy begerig is om by die reservaat ingesluit te bly sodat sy Titel Akte sodoende geëndosseer kan word. Ofskoon dit geen geringe taak is om alle erfeienaars op te spoor nie glo die Gemeenskapsforum die voordele om die natuurreservaat status te behou is enorm.
Indien u met voorafgaande akkoord gaan, die volgende:
- As stap 1, versoek ons u om die vorm, aangeheg, (ook hier beskikbaar) te onderteken,
- stap 2, oorhandig, faks of e-pos die getekende vorms aan Faki (sien kontak
besonderhede hieonder).
- versprei asb. so veel vorms moontlik aan U bure, vriende en familie vir ondertekening,
- en verduidelik aan hulle stap 1 en stap 2,
Ons sal wel deeglik met u kommunikeer aangaande die toekomstige aksies soos dit ontvou, en sal alle relevante stukke versprei asook op die webwerf plaas.
U samewerking word hoog op prys gestel !
Faki kontak besonderhede:
Faks: (014) 735 0137
Epos: Faki.leeupoort@vodamail.co.za
Posbus 345, Koedoeskop 0361
Sel: 082 676 0411
Leeupoort Gemeenskaps Forum Lidmaatskap
Om dit vir ons moontlik te maak om U op hoogte te hou van verwikkelings rondom Leeupoort will ons graag 'n beroep doen dat U met FAKI sal skakel om te verseker dat U Epos addres korrek op die databasis aangeteken is.
Ons will ook 'n beroep doen dat U hierdie kwessie onder die aandag van U vriende (mede eienaars) sal bring, wie moontlik nie lede van die gemeenskaps forum is nie, om met Yvonne Joubert by FAKI te skakel (Faki.leeupoort@vodamail.co.za) om as lede aan te sluit.
Ons benodig so veel moontlik lede om sodoende die bestuursraad in staat stel om met meer bedingings mag na U belange om te sien !
U samewerking en bydrae word hoog op prys gestel.
U eiendom en belange is hier ter sprake, maak dus seker dat U stem gehoor word !!